HireFT
Browse JobsHow it worksPricingSuccess Stories
    Back to jobs
    BA

    Babylonstoren

    Hospitality & Agriculture

    Driver- Personeel en Gaste vervoer at Babylonstoren

    Franschhoek, South AfricaOn-SiteFull-timePosted 3w ago
    All Babylonstoren jobs

    Job description

    DRIVER- PERSONEEL- EN GASTEVERVOER

    Babylonstoren benodig ’n betroubare, verantwoordelike en diensgerigte bestuurder om personeel en gaste veilig en betyds na en van verskeie bestemmings te vervoer. Die suksesvolle kandidaat moet professioneel optree en verseker dat passasiers ’n gemaklike en aangename reis ervaar.

    Hoofverantwoordelikhede

    • Vervoer personeel en gaste volgens die vasgestelde skedule en goedgekeurde vervoerreëlings.
    • Beplan roetes en vertrektye om passasiers betyds by hul bestemmings te besorg.
    • Verwelkom passasiers vriendelik en help met bagasie waar nodig.
    • Voer daaglikse voertuigkontroles uit, insluitend bande, ligte, brandstof, olie en water.
    • Hou die voertuig se binne- en buitekant skoon en netjies.
    • Hou akkurate rit-, kilometer- en brandstofrekords.
    • Meld enige voertuigdefekte, onderhoudsbehoeftes, vertragings of voorvalle onmiddellik aan die betrokke bestuurder.
    • Voldoen aan verkeersreëls, veiligheidsprosedures en die onderneming se voertuigbeleid.
    • Hanteer persoonlike inligting en gesprekke van personeel en gaste vertroulik.
    • Ondersteun met ander vervoer- en afleweringstake soos gereël deur die betrokke bestuurder.

    Vereistes

    • ’n Geldige rybewys vir die betrokke voertuigkategorie.
    • ’n Geldige professionele bestuurspermit (PrDP) vir passasiersvervoer.
    • Vorige ondervinding in personeel- of gastevervoer sal voordelig wees.
    • ’n Veilige en verantwoordelike bestuursrekord.
    • Goeie kennis van die plaaslike omgewing en die vermoë om navigasietoepassings te gebruik.
    • Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
    • Bereidwilligheid om volgens ’n ooreengekome rooster te werk, wat vroeë oggende, aande, naweke en openbare vakansiedae kan insluit.

    Persoonlike eienskappe

    • Stiptelik, betroubaar en verantwoordelik.
    • Vriendelik, geduldig en diensgerig.
    • Netjies en professioneel.
    • Veiligheidsbewus en oplettend.
    • In staat om kalm onder druk op te tree en veranderende vervoerreëlings te hanteer.

    Job details are sourced from the employer's original posting.

    Open job posting
    BA

    About the company

    Babylonstoren

    Babylonstoren is a historic Cape Dutch farm and wine estate in the Cape Winelands of South Africa, offering accommodation, dining, and a unique farm-to-table experience.

    View all Babylonstoren jobs
    Industry
    Hospitality & Agriculture
    Open roles
    41

    Interested in this role?

    Apply with HireFT

    Free to start — no card required.

    Your fit

    How well do you match?

    Sign in to see how your résumé lines up with this role.