HireFT
Browse JobsHow it worksPricingSuccess Stories
    Back to jobs
    BA

    Babylonstoren

    Hospitality & Agriculture

    Gelato-maker / Produksietoesighouer

    Franschhoek, South AfricaOn-SiteContractPosted 1mo ago
    All Babylonstoren jobs

    Job description

    Gelato-maker / Produksietoesighouer

    Babylonstoren is op soek na ’n bekwame, praktiese gelato-maker om verantwoordelikheid te neem vir die daaglikse bestuur van ons gelato-produksiefasiliteit. Die ideale kandidaat het ’n passie vir die vervaardiging van gelato van uitstekende gehalte, sterk leierskapsvaardighede en die vermoë om ’n skoon, doeltreffende en goed georganiseerde produksieomgewing te handhaaf.

    Verantwoordelikhede:

    • Vervaardig gelato en sorbet van hoë gehalte volgens vasgestelde resepte en gehaltestandaarde.
    • Help met die ontwikkeling en toetsing van nuwe geure.
    • Bestuur die daaglikse bedrywighede van die produksiefasiliteit, insluitend produksiebeplanning, voorraadbeheer en die bestel van bestanddele en verpakking.
    • Hou toesig oor produksiepersoneel en verskaf opleiding om konsekwente gehalte en doeltreffende werkprosesse te verseker.
    • Verseker dat alle personeel die voorgeskrewe higiëne-, voedselveiligheids- en gesondheids- en veiligheidsprosedures nakom.
    • Bedryf en maak gelato-toerusting skoon, insluitend lotvriesers, snelvriesers en vertoonkaste, en verseker dat dit behoorlik onderhou word.
    • Hou akkurate produksie-, temperatuur- en higiënerekords by.
    • Bestuur die daaglikse bedrywighede van die gelato-Tuk-Tuk, insluitend voorraadbeheer en personeeltoesig.

    Vereistes:

    • Minstens drie jaar se bewese ondervinding in gelato- of roomysproduksie.
    • Minstens drie jaar se ondervinding as toesighouer of spanleier in ’n voedselproduksieomgewing.
    • Goeie kennis van voedselveiligheids- en higiënestandaarde. Kennis van HACCP sal voordelig wees.
    • Sterk beplannings-, administratiewe en organisatoriese vaardighede.
    • ’n Praktiese ingesteldheid en goeie aandag aan detail.
    • Betroubaarheid en die vermoë om onafhanklik te werk en verantwoordelikheid te neem.
    • Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
    • Eie vervoer en ’n geldige rybewys sal voordelig wees.

    Job details are sourced from the employer's original posting.

    Open job posting
    BA

    About the company

    Babylonstoren

    Babylonstoren is a historic Cape Dutch farm and wine estate in the Cape Winelands of South Africa, offering accommodation, dining, and a unique farm-to-table experience.

    View all Babylonstoren jobs
    Industry
    Hospitality & Agriculture
    Open roles
    41

    Interested in this role?

    Apply with HireFT

    Free to start — no card required.

    Your fit

    How well do you match?

    Sign in to see how your résumé lines up with this role.